Verhoog doeltreffendheid van Jakkals-gifpille!

“Trail cameras” het gewys dat rooikatte en ook jakkalse ouerige pille nie wil optel nie. As dit die geval is, plaas ‘n kwart teelepel cat-call op die pil, dan word die pil weer gevat, en dit is dan die laaste keer dat die kamera die ongedierte sien.


Wat jakkalse aanbetref kan jy ook, benewens cat-call, ‘n halwe teelepeltjie dunnerige heuning op die pill sit. Dit werk goed!

 

The benefits of single lethal dose (SLD) "1080" drop bait pellets - a graphic illustration

Graph: One set of 100 pellets saves 78 head of livestock per year

The figures are based on four years of record keeping, observation, and feedback from farmers. Should anybody be interested in a full breakdown of the above figures, a detailed report would be made available. The impact of this toxic bait on stray dogs is much bigger, but no accurate figures are available. 

Saving vultures! - 11. 10. 2015

About a year ago 48 vultures died in the Molteno district. A landownwer,desperate to stop predation by stray dogs laced a carcass with some or other pesticide in order to kill the stock killers. However,very unfortunately, instead of killing the dogs the vultures were killed, a threatened species. 

Had the landowner known of my authorized "single lethal dose" (SLD) "1080" poison bait, harmless to raptors and vultures, but lethal to dogs, jackal and rooikat when correctly placed, it would have been the other way around: stray dogs dead, vultures alive-----makes you think!

Bosvarkskade en hul bekamping - 30. 4. 2015 

     Bosvarke is allesvreters en sal dus ook vleis vreet. Oor die algemeen verkies hulle vrot vleis, hoe vrotter hoe lekkerder.  Hulle sal bevoorbeeld skape vang en hulle laat lee tot die karkasse van maaiers krioel voordat hulle vreet (P.Webber, pers. comm.)  Dis egter ook bekend dat bosvarke groot skape vang en dadelik begin vreet soos 'n groot roofdier (sien foto hierlangs van Peet De Klerk)

     

      Op sekere plase veroorsaak bosvarke meer veeverliese as jakkalse en rooikatte saam.  Hulle kan bekamp word deur middel van vangkokke (Groote: 2 meter lang, 1 meter wyd en 1,2 meter hoog) soos Paul Webber hulle met groot sukses gebruik.  

As Lokaas gebruik Paul vrot vleis en mielies wat hy vooraf in warm water saam met suiker geweek het tot dit fermenteer en 'n alkoholiese ruik ontwikkel wat 'n groot aantrekkingskrag het (geen wonder nie).

Groot slagysters kan ook gebruik word, en natuurlik pakke honde wat spesial afgerig is om bosvarke te jag.  Ook kan met goeie sukses sogenoemde "feeding stations" gevestig word om hulle dan daar in a skuilig voor te sit.

     Om bosvarke te beheer verg baie tyd moeite en kostes.

Verbeter Impak van ”Gifpille” - 21. 3. 2015

            Elke vee/wildsplaas verg ‘n spesifieke kombinasie van roofdier beheermetodes om veeverliese so laag moontlik te hou.  Watter die beste is hang af van dosyne verskillende omstandighede, en net die plaaseienaar en/of beproefde probleemdierjagter sal weet watter metodes vir jou die beste werk.

            Boere wie ‘n kombinasie van slagysters, roepjag, elektrifisering, helikopterjag en gifgebruik volg, vaar die beste---mits dit behoorlik toegepas word.  Kom ons kyk na die beste gebruik van gifpille.  Wanneer ek van gifpille praat bedoel ek die wettige “1080, Single Lethal Dose Bait” (SLDB) of te wel jakkals-gifaas.  Dit is al oor die twintig jare in gebruik en het nog geen arend of aasvoel gedood nie, die hoofrede waarom dit in dié vorm gewettig is.  Boere wie die beste sukses behaal pas dit op die volgende maniere toe, sê op ‘n Karooplaas van 6000 ha:

 

  1. Konsentreer op ‘n “trouble” gebiet van om en by 1000 ha en hou 100 (10stelle) pille gereed.
  2. Loop die buitelyne, grensdrade van die gebied en plaas ‘n enkele pill (onder bossie of graspol) naby elke belowende deurkruipplek en merk dit op een of ander onopsigtelike manier.
  3. Plaas ‘n pill of twee orals waar twee of drie voetpaaie (trails) bymekaar kom, en natuurlik langs elke plek waar jy jakkals aktiviteite waarneem, b.v. op middelmannetjie paaie, in sandslote en veral ook 1 of 2 pille by elke drinkbak, watergat of gronddam in die gebied.
  4. Nadat die “trouble” gebied geidentifiseer is sit die eerste dag 40 pille neer op plekke soos genoem onder 2 en 3, sê op ‘n Dinsdag (saam met die pille kom daar ook ‘n botteltjie reukversterker. Spat 5 tot 10 druppeltjies daarvan op bossie waaronder die pil geplaas is, dit verhoog die kans om opgetel te word) Op Vrydag gaan jy kyk wat gebeur het en waarskynlik sal daar 20 pille weg wees; meestal gevreet deur miere, muise en meerkatte. Vervang hulle met nuwes op dieselfde plek.  Volgende Dinsdag is weer 15 weg, sit weer 15 uit.  Volgende Maandag is daar weer 8 weg, sit nuwes uit.  Gaan op hierdie patroon aan tot die 100 pille klaar is---dit moet nie langer vat as twee tot drie weke nie!!
  5. Herhaal hierdie proseduur (indien nodig) op nog ‘n tweede 1000 ha blok van jou 6000 ha plaas.

Die kern van hierdie benadering is: Konsentreer vir ‘n kort tydperk met kwaai “firepower” (die 100 pille) op ‘n beperkte stuk veld.

Die gevolg sal wees dat jou ongedierte problem heel waarskynlik met 80% gedaal het, al het jy geen dooie jackals gekry nie vanwee die stadige werking van die 1080 gifstof.  

Net vir interesandheid:  Hierdie 100 pille, wat na baie gif klink, bevat egter minder as een gram gifstof.

LW. Bogenoemde is net ‘n riglyn en pilgebruik moet verlaag of verhoog word volgens groote van plase en ernstigheid van problem.             Peter S.


Vangery in skaapkampe - 30.12.2014

Boere, as in sekere kampe knaend 'n vangery aan die gang is, sukkel'n mens baie om jakkals en of rooikat in die hande te kry binne daar die spesefieke kamp, al het jy daar,binne die kamp, hokke en ysters gestel of gifpille uitgesit. 

Die rede daarvoor is dat die roofdier gewoond daaran geraak het om net in daardie spesifieke kamp te vang. Hy hoor, hy sien, hy reuk sy prooie al van ver en pyl regstreeks daarop af en ignoreer alles wat jy in sy pad gestel het (hokke,ysters,gifpille) Dus amper zero resultate!

Daar is twee oplossins vir hierdie probleem.

1)  Sodra vangery begin het verskuiwe jou vee, indien moontlik, na 'n ander kamp ver weg van die "vangkamp". Eers nadat die vee verwyder is stel jy hokke, ysters en/of gifpille. Ongedierte wat nou oudergewoonte die "vangkamp" besoek, moet tot hull frustrasies erken dat hul lekker kos nie meer beskikkbaar is nie. Hulle is nou forseer om te jag om kos te find.  In die prosess maak hulle kennis met jou hokke, of ysters, of gifpille.  Jou vangkans is nou baie goed!

2)  Indien jy met jou vee nie kan wegtrek nie, moet jy you vanggereedskap langs die toegangsroetes na die vangkamp onplooi. Dit vereis natuurlik dat jy taamlik seker moet wees waar die ongedierte se "adress' is en se voetpaaie na die "vangkamp" en dis nie maklik om te bepaal nie. Dit verg baie tyd en verkenningswerk.


Veels Geluk, Peter Schneekluth